Ekstra tyd

Ekstra tyd in sport is die verlenging van 'n bepaalde wedstryd om 'n gelykopuitslag te vermy. Na afloop van so 'n gelykopwedstryd word die wedstryd met 'n vasgestelde aantal minute verleng in die hoop dat een van die spanne dit sal wen. As daar ná ekstra tyd nog steeds nie 'n wenner is nie word ander metodes gebruik om 'n uitslag af te dwing.

Beseringstyd, in teenstelling met ekstra tyd, is die verlenging van 'n bepaalde wedstryd om te vergoed vir tyd wat verlore gegaan het tydens die mediese versorging van spelers op die veld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search